|
Waar om blomme te sien U sal oral in Namakwaland blomme vind. Die een geheim is om uit u motor te klim en die wêreld van nader te beskou. U sal verstom wees oor die aantal en verskeidenheid, selfs waar u nie verwag om blomme te sien nie. Indien u groot lappe blomme wil sien, verwys ons u na die kaart van Namakwaland: (Die plekke wat aangetoon word is NIE die enigste plekke waar blomme voorkom nie. Ons toon dit aan omdat u hier maklik by die blomme kan uitkom.) Om Springbok is 'n paar plekke wat die moeite werd is om te besoek. Doen plaaslik navraag oor waar die beste blomme is ten tye van u besoek. Sommige van die goeie plekke sluit in: - Goegap Veldblom reservaat - omgewing in en om Nababeep - omgewing naby Okiep - op pad na Concordia By/om Kamieskroon is heelwat blomme. Doen plaaslik navraag oor waar die beste blomme is ten tye van u besoek. Sommige van die goeie plekke sluit in: - Skilpad veldblom reservaat (ingesluit by die Namakwa Nasionale Park) - omgewing van Leliefontein - omgewing van Soebatsfontein Verskeie plekke naby Garies is soms 'n besoek werd. Doen plaaslik navraag oor waar die beste blomme is ten tye van u besoek. Sommige van die goeie plekke sluit in: - pad na Bitterfontein - omgewing van Hondeklipbay - by Groenriviersmond Nieuwoudtville is altyd 'n goeie bestemming. Hier is die samekoms van verskillende blomgebiede. Omgewing is bekend as die 'Bolblom hoofstad van die wereld'. Doen plaaslik navraag oor waar die beste blomme is ten tye van u besoek. Sommige van die goeie plekke sluit in: - Nieuwoudtville veldblom reservaat - Oorlogskloof - omgewing van die Kokerboomwoud op pad na Loeriesfontein - die plaas Matjiesfontein - die plaas Papkuilsfontein
|