|
3-dag blommetoer na Namakwaland Roete wat ons volg (Hierdie kan verander na gelang van die beskikbaarheid van blomme ten tye van die toer) Ons roete sluit die volgende erkende blomstreke in: Kliek hier om 'n kaart te sien/druk (.PDF formaat) Voorgestelde reisplan Dag 1: Ons vertrek vanaf Villa10 on Hugo, a gastehuis in Durbanville. Ons kan ook reel om u te ontmoet waar u in Kaapstad oornag of selfs van die Kaapstad Internasionale lughawe, indien u met 'n vroeë vlug arriveer. Ons poog om voor 10h00 uit Kaapstad te vertrek. Ons roete lei na Darling asook die Postberg Blomreservaat voordat ons verder gaan tot in Clanwilliam waar ons waarskynlik sal tuisgaan in die Waenhuis. Dag 2: Na 'n vroeë ontbyt vertrek ons na Nieuwoudtville via die Vanrhynspas. Ons gaan besoek aflê waar die beste/meeste blomme is ten tye van ons besoek en ook 'n draai maak by die Nieuwoudtville waterval. Ons roete terug na die waenhuis is oor die Botterkloofpas. Dag 3: 'n Rustige ontbyt word gevolg deur 'n besoek aan die Ramskop Veldblomtuin en op pad terug is daar meer blomme te sien en as tyd toelaat bring ons ook 'n vinnige besoek aan Lambertsbaai se Voëleiland. Ons is laatmiddag terug in Kaapstad. Toer begin datums Koste van toer Ons toerprys sluit in alle uitgawes soos vervoer, akkommodasie, alle etes, toegangsgelde ens. Ons sluit uit uitgawes van persoonlike aard asook alkohol. Op hierdie stadium word 'n toerprys van R4,000 per persoon voorsien. Ons behou die reg voor om hierdie prys aan te pas na gelang van veranderinge in die koste van brandstof. Die finale prys sal aan u bevestig word voordat u finale betaling aan ons gemaak word. Kliek hier
|