Terug na Tuisblad Kaart van Namakwaland Waar om te oornag Meer oor die veldblomme Kontak ons hier Same information - in English Algemene toer inligting Besonderhede van 3 dag blomtoere Besonderhede van 6 dag blomtoere Besonderhede vir self-ry besoeke aan Namakwaland Fotos geneem tydens vorige toere Wat toerlede oor vorige toere gesê het


Algemene inligting oor ons blommetoere van 2009

Begeleide toere:
Besonderhede van ons 2010 toere sal eersdaags beskikbaar wees. Dit sal dieselfde patroon volg as die 2009 toere, besonderhede waarvan hieronder aangetoon word.

Ons is reeds ver gevorder met die beplanning van ons toere vir 2009 wat almal in Kaapstad begin en eindig.
Soos in die verlede gaan ons weer klein, intieme toere doen en poog om met u te deel dit wat na ons mening een van die mooiste dele van die skepping is.

Lengte van toer
Ons gaan weer toere doen wat oor 3 of 6 dae strek.

Vir die 3-dag toer probeer ons 'n naweek insluit. Dit gee diegene wat by die werk moet tyd afknyp kans om te deel in die pret.
Op die 6-dag toer het ons tyd om dieper in Namakwaland in te vaar en sien ons ook 'n groter verskeidenheid blomme.

Grootte van toergroepe
Ons toergroepe is klein. Dit beteken ons kan persoonlike aandag aan almal gee.
Die toere is tussen 4 en 8 mense op 'n keer.

Etes en Akkommodasie
Terwyl op toer, hou ons gereeld stil vir verversings.
Daar is geen resaurante tussen die blomme nie en gevolglik is ons middagete iets ligs, selfs ook 'n piekniek tussen die blomme. Ons geniet wel 'n goeie ontbyt en goeie aandetes is 'n aangename afsluiting vir die dag.

Ons akkommodasie is normaal in gastehuise waar u privaatheid belangrik is. Elkeen van die plekke wat ons besoek is werklik 'n bestemming in eie reg.

2009 toer datums
Ons 2009 toere is beplan om op die volgende datums te vertrek:
Drie-dag toere:
  • 08 Augustus 2009 (vol bespreek)
  • 23 Augustus 2009
  • 28 Augustus 2009
  • 12 September 2009
    Ses-dag toere:
  • 29 Julie 2009 (vol bespreek)
  • 15 Augustus 2009
  • 03 September 2009

    Kliek hier vir meer besonderhede van ons 3 dag toere.
    Kliek hier vir meer besonderhede van ons 6 dag toer.

    Hoe om u plek te bespreek
    Kliek hier om u toer vir 2009 te bespreek. -of-
  • Skakel ons by 082 349 3700

    Betaling
    'n Toer word slegs bevestig op ontvangs van 'n nie-terugbetaalbare deposito.
    Die totale toerkoste is betaalbaar op die laaste 10dae voor vertrek.






  • tuisblad / kaart van namaqualand / namakwalandse dorpe / akkommodasie / blomme / toere /
    / kontak ons / skakels / kopiereg & voorwaardes / sitemap /

    hierdie webblad is ontwikkel vir besigtiging deur Internet Explorer en is op sy beste gesien op 'n monitor met resolusie van 800x600 of beter
    webblad deur FotoDigi