Terug na Tuisblad Kaart van Namakwaland Meer oor die veldblomme Toere na Namakwaland Kontak ons hier Same information - in English



Roete vanaf Gauteng

'n Strook roetekaart van die roete vanaf Kaapstad kan gesien word deur te kliek op hierdie afbeelding of druk die strookkaart hier (.pdf formaat)

roete vanaf Gauteng


Hier is ook 'n kort beskrywing van die roete tot op Springbok, die hoof kommersiƫle sentrum van die Namakwaland streek.

Paaie langs hierdie roete is oor die algemeen in goeie toestand. Omdat weerpatrone en padonderhoud nie deur ons beheer word nie, beveel ons sterk aan dat u plaaslik navraag doen voordat u die roetes gebruik.

PRETORIA / JOHANNESBURG NA UPINGTON (915/831km)
Vanaf Pretoria, volg die N1 na Johannesburg. By Centurion, neem die N14 (gemerk Krugersdorp). Bly op die N14 na Ventersdorp, Coligny, Sannieshof, Delareyville en uiteindelik Vryburg, die hoofsentrum van hierdie groot beesboerdery gebied.

Vanaf die Johannesburg Internasionale Lughawe, volg die pad na Johannesburg maar draai noord op die N2/N1 verbypad (gemerk Pretoria). Hou op die verbypad na Roodepoort en dan op die N12 na Potchefstroom. Vandaar neem die roete ons na Klerksdorp en draai dan op die R507 na Ottosdal en Delareyville. Draai hier op die N14 na Vryburg.

Volgende bestemming is Kuruman, hoofdorp van die Kalahari streek. U ry verby Sishen met sy groot mynbedrywighede en gaan u verstom aan die vrugbare Oranjerivier vallei by Upington.

Pretoria Landmark Johannesburg skyline Catlle farming near Vryburg The 'Eye' at Kuruman Sishen Iron ore mining Upington and fertile Orange river valley

UPINGTON TO SPRINGBOK (330km)
Vanaf Upington volg die roete die rivier tot by Kakamas. Moet nie Augrabies misloop nie. Ons stel voor dat u die motor se brandstof vul by Kakamas. U sal opmerk dat die roete van hier na Springbok oor Pofadder nie wil einde kry nie.

Augrabies The long road from Kakamas to Pofadder An occasional Quiver Tree along the way





tuisblad / kaart van namaqualand / namakwalandse dorpe / akkommodasie / blomme / toere /
/ kontak ons / skakels / kopiereg & voorwaardes / sitemap /

hierdie webblad is ontwikkel vir besigtiging deur Internet Explorer en is op sy beste gesien op 'n monitor met resolusie van 800x600 of beter
webblad deur FotoDigi