Terug na Tuisblad Kaart van Namakwaland Waar om te oornag Meer oor die veldblomme Toere na Namakwaland Kontak ons hier Same information - in English



Namakwalandse Dorpe: ALEXANDER BAAI



HOE OM DAAR TE KOM
(GPS: 28 41S 16 30E)
Geleë in die verste Noord-Westelike hoek van Suid-Afrika naby die mond van die Oranjerivier.
Volg die N7. By Steinkopf draai wes na Port Nolloth op die R382 en vandaar noord na Alexander Baai.

GESKIEDENIS
Gedurende die 1800s is kopererts op vlotte met die Oranjerivier na Alexander Baai vervoer. Hiervandaan is dit verskeep na Swansea in Wallis waar dit verwerk is. Na die ontdekking van spoeldiamante in 1927 het fortuinsoekers die gebied oorstroom. Die gebied is kort daarna tot staatseiendom verklaar en word steeds deur die staatsbeheerde Alexkor bedryf.

OORSPRONG VAN DIE NAAM
Vernoem na Sir James Edward Alexander (1803-1885) Britse ontdekkingsreisiger wat die gebied in 1836 besoek het.

BEVOLKING


INTERESSANTE PLEKKE
  • Diamant myne.
  • Mond van die Oranjerivier op grens met Namibië.
  • Belangrike vleilandgebied - 'n 'Ramsar' perseel

    WAT OM TE SIEN EN DOEN
  • Diamantmyn toere
  • Wandelroetes
  • Fietsryroetes
  • Voëls
  • Richtersveld Nasionale Park

    AKKOMMODASIE
  • Sien "Waar om te bly"

    TOERISME KANTOOR


    BUURDORPE
    Khubus 55km
    Sendelingsdrift 95km
    Port Nolloth 80km



  • tuisblad / kaart van namaqualand / namakwalandse dorpe / akkommodasie / blomme / toere /
    / kontak ons / skakels / kopiereg & voorwaardes / sitemap /

    hierdie webblad is ontwikkel vir besigtiging deur Internet Explorer en is op sy beste gesien op 'n monitor met resolusie van 800x600 of beter
    webblad deur FotoDigi